The Journey Man
200.00 200.00 200.0 ZAR
Conversations in Transition
180.00 180.00 180.0 ZAR
111 Roadside Plants
240.00 240.00 240.0 ZAR
Kreatiewe Kombinasies in Eietydse Tuine
210.00 210.00 210.0 ZAR
Tuinmaak is niks minder kreatief as om waterverfskilderye van blomme te maak nie. En 'n groot deel van dié kreatiwiteit lê in die byeenbring van verskillende elemente. In hierdie boek wys twee kenners jou hoe om dit reg te kry, met honderde voorbeelde uit tuine van regoor die land. Dit wys jou dat 'n tuin basies 'n kombinasie is van kleur, vorm, tekstuur en groeiwyses - in wese 'n kombinasie van kombinasies.

Leer hoe om plante te kombineer wat mekaar aanvul en hul eie harmonie skep en hoe om plante en elemente te kombineer vir enersheid, of vir andersheid. Deur uitgesoekte plante en elemente saam te gebruik, skep jy 'n prentjie wat mooier, treffender en meer skouspelagtig is as wat elk van die gekombineerde elemente individueel sou kon doen. Die skeppende omvang van kombinasiemoontlikhede kan nie gekwantifiseer word nie - as jy jou 'n kombinasie kan voorstel, kan jy dit skep. Daar is meer as 230 foto's om jou te bekoor en inspireer en al die nodige inligting om slim en vindingryk met kombinasies te werk.

Vergroot jou tuin se trefkrag deur die beste moontlike gebruik van die kombinasies daarin.
Natural Splendours of South Africa
200.00 200.00 200.0 ZAR
From hot desert sands to awesome mountain ranges; from verdant vineyards to beautiful sandy beaches; from temperate forests to great expanses of alluring bushveld - South Africa has it all!
With such a stunning diversity of landscape, together with an astounding variety of wildlife in magnificent national parks and wilderness reserves, matched with a colourful and proud ethnic heritage, South Africa merits its distinction as Africa's leading tourist destination.
The images portrayed in "Natural Splendours of South Africa" brilliantly capture and reflect the beauty and wonders of this amazing country.
The Pilgrim's Progress
195.00 195.00 195.0 ZAR
"This fire is the work of grace that is wrought in the heart."

In John Bunyan's classic allegory, Christian abandons his family and the City of Destruction and sets off to find salvation. His path is straight but not easy, and he is beset by trials, including the terrible violence of the destructive Apollyon and the Giant Despair, as he pursues his pilgrimage through the Slough of Despond, the Delectable Mountains and Vanity Fair towards the Celestial City. In the second part of the narrative his wife, Christiana, is escorted by Great-Heart through the same difficult terrain. Written with the urgency of persecuted faith and a fiery imagination, "The Pilgrim's Progress" is a spiritual as well as a literary classic.

In his introduction, Roger Pooley discusses Bunyan's life and theology, as well as the text's biblical and historical backdrop, its success and critical history. This edition also includes accompanying seventeenth-century illustrations, a chronology, suggested further reading, notes and an index.
Paradise Lost
195.00 195.00 195.0 ZAR
"Better te reign in Hell, than serve in Heav'n..."

In "Paradise Lost" Milton produced a poem of epic scale, conjuring up a vast, awe-inspiring cosmos and ranging across huge tracts of space and time. And yet, in putting a charismatic Satan and naked Adam and Eve at the centre of this story, he also created an intensely human tragedy on the Fall of Man. Written when Milton was in his fifties - blind, bitterly disappointed by the Restoration and briefly in danger of execution - "Paradise Lost"'s apparent ambivalence towards authority has led to intense debate about whether it manages to 'justify the ways of God to men' or exposes the cruelty of Christianity.

John Leonard's revised edition of "Paradise Lost" contains full notes, which elucidate Milton's biblical, classical and historical allusions and discuss his vivid, highly original use of language and blank verse.
Ontmoeting met Heiliges
189.00 189.00 189.0 ZAR
How can I be sure I'm a Christian?
220.00 220.00 220.0 ZAR
'n Nuwe Begin
170.00 170.00 170.0 ZAR
Blikkies vol Genade
220.00 220.00 220.0 ZAR
Hierdie is my storie, 'n ware storie, maar jy sal jouself iewers in die boek raak lees, en dan sal jy saam met my oopmond staan in verwondering oor wie God is en die bemoeienis wat Hy met gewone mense soos ons maak. Ontdek saam met my hoe God ons reg deur ons lewe bederf met Sy teenwoordigheid, genade en liefde.

Rian Johannes (Blikkies) Blignaut is op 21 Junie 1961 op Cradock gebore. Hy matrikuleer in 1980 aan Hoërskool Middelburg (Kaap). Blikkies studeer by UPE en behaal sy BA graad. Daarna is hy Universiteit van Stellenbosch toe waar hy teologie studeer en ontvang sy B.TH. in 1986. In 1987 doen hy 'n Lisensiaat in Teologie. Sy nasionale diensplig doen hy in die SA Vloot.
Blikkies dien 10 jaar in die NG Kerk, en behaal ook in die tyd 'n Meestersgraad in Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Die daaropvolgende dekade bedryf hy 'n buitelug bediening in die Boland. Dan raak hy betrokke by die gasvryheidsbedryf en wildboerdery wat hy tot op hede, as ontwikkelingsbestuurder van 'n gasteplaas net buite Springbok, baie geniet.
Melo se Koninkryk
200.00 200.00 200.0 ZAR
"Hierdie boek wil storietyd terugbring - daardie wonderlike tyd wanneer gesinne tyd saam deurbring en stories vertel. Die doel is dat jong kinders hulle met die karakters kan vereenselwig, asook wysheid sal vind vir 'n vreugdevolle lewe. Dit is ons opregte hoop en gebed dat hierdie stories daartoe sal bydra om 'n Godgesentreerde lewe te kweek." - Thuli Madonsela

'Dit verg 'n hele gemeenskap om 'n kind groot te maak.' - Spreekwoord uit Afrika


"Melo se koninkryk" neem kinders op 'n wonderlike avontuur saam met Melo en haar spesiale dierevriende, soos koningin Nzinga die olifant, Kiboko die seekoei, Ganga die apie en Zenzo die sebra. Elkeen van die opwindende verhale fokus op 'n spreekwoord uit Afrika en vervleg Bybelse beginsels met prettige aktiwiteite.

Hierdie verhale bevat pêrels van wysheid en beginsels wat lesers sal aanmoedig om waardes soos liefde, goedheid, respek, integriteit, dapperheid en om in jouself te glo in hul lewens te kweek. Die pragtige illustrasies sal lesers wegvoer na 'n wonderlike wêreld ver hiervandaan.
Die Aksie-Bybel: Raai-Raai Speletjie
150.00 150.00 150.0 ZAR
Waar is Ek in die Bybel?
180.00 180.00 180.0 ZAR
Hierdie prettige soek-en-vind-boek bevat 12 Bybeltonele uit die Ou en Nuwe Testament en stel kinders bekend aan van die bekendste Bybelstories en -karakters.

Met 'n prettige andersoortige benadering, soek jy nie net na belangrike voorwerpe in die tonele nie, maar ook na mense wat nie daar hoort nie!
Elke storie word deur 'n bekende Bybel-karakter vertel wat op een of ander manier in die verkeerde toneel beland het.
Hierdie verandering maak dinge interessant en pret terwyl die karakters probeer uitwerk waar hulle is.
Soos hulle rondkyk, vergelyk die karakters die toneel waarin hulle is met hul eie stories.
Kan hulle uitpluis wat aangaan?
Kan jy?

Kan jy elke verdwaalde storieverteller opspoor? Terwyl jy dit doen, kan jy hulle help om uit te vind waar hulle is deur die ander voorwerpe in elke toneel te vind!
Road Atlas: South Africa
175.00 175.00 175.0 ZAR
Skadujagter
160.00 160.00 160.0 ZAR
Jy moet weet, hier's duidelik 'n paar skroewe los. Die enigste ding wat nie los is nie, si die skool se girls. And believe me, I've tried.

Laatnag skrik ek wakker. Natgesweet in my bed, my hele lyf aan die brand. Iemand is besig om teen my kamervenster te hamer. Shane. Ek herken die skaduwee wat die straatlig deur die kantgordyn gooi. Hoe de hel het hy geweet ek is hier?
"Haal asem, Heibrandt," hoor ek hom deur die glas waarsku.
"Ek gaan van tien af terugtel en as ek by een kom..."
Asem in. Wat dan? Gaan hy die venster breek?
Ek weier om vir hom oop te maak. Ek draai om op my ander sy, loer na my foon op die bedkassie en besef ek moes die alarm in my slaap doodgedruk het. Nou kan ek maar vergeet van wegkom.
Die gehamer teen my venster word al hoe harder. Ek trek die duvet oor my kop, krul my bene onder my boude in en knyp my oë toe.
'No one ever said it would be this hard, oh, take me back to the start...' Coldplay is saggies hoorbaar waar die oorfone langs my op die kussing lê. Dis dinge waaraab ek soms dink - om terug te gaan na 'n plek voor als begin skeefloop het. Na 'n plek toe ek nog kon voel, toe ek regtig nog mens was. Na 'n wêreld voor Shane en die drugs en die vretende pyn.

'n Ongewone sielkundige riller wat jou gaan laat wonder - wie's wie en wie's daar onder...
Kinders se Slange van Suider-Afrika
190.00 190.00 190.0 ZAR
Waarom is 'n slang se tong gevurk?
Het slange ore?
Waarom vervel slange?
Watter slange maak of hulle dood is?
Hoe dikwels eet slange?

Maak kennis met 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie opwindende gids. Ontdek die boeiende gewoontes van slange - waar hulle bly, hoe hulle jag, watter gevare hulle trotseer en hoe hulle hulself beskerm. 'n Breedvoerige inleiding tot talle aspekte van slanggedrag ontsluit die wonderwêreld van hierdie dikwels misverstane reptiele.
Sky Guide 2025
180.00 180.00 180.0 ZAR
Asterix 37: Die Trans-Italiese Wawedren
190.00 190.00 190.0 ZAR