Vroteier: 7 stink stories
100.00 100.00 100.0 ZAR
Kan 'n hond se stink talent die wêreld red?
Het jy al 'n stuk bloukaas met hope persoonlikheid teëgekom?
Wat moet jy doen as jou ouma se handgemaakte geskenk in die toilet beland?
Sal jy 'n hele rugbyspan se vuil kouse was?

Hierdie boek bevat sewe stink stories. So, druk toe jou neus voor jy begin lees!
Wurmpastei: 7 slymerige stories
100.00 100.00 100.0 ZAR
Hoe voel dit om kaalvoet op 'n padda te trap?
Wat ruik erger as 'n vrot eier?
Hoe smaak 'n erdwurm-smoothie?
Wat moet jy doen as jou hond 'n duur geskenk insluk?

Die sewe slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!
Stink Sokkies
130.00 130.00 130.0 ZAR
Ben het 'n probleem. 'n STINK probleem. Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak... en dit ruik kort voor lank AAKLIG! Van die kinders op die kamp begin hom terg.

Gelukkig het sy beste maat 'n BRILJANTE plan...
Ek wil nou nie snaaks wees nie
140.00 140.00 140.0 ZAR
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar 'n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit 'n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moelikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van JACO JACOBS!

Meer as 60 RYMPIES wat gewaarborg is om jou LAGSPIERE hope oefening te gee.

BRILJANT VIR EISTEDDFODS!

BONUS! Leer hoe om enige rympie perfek onder water op te sê!